ADVERTISEMENT:

 

Strawwe vonnisse vir drie brandstigters

 

News  Date: 19 December 2003

 

MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) - Die drie boewe wat die huis van mnr. Frans Prinsloo (senior) van Levubu in April vanjaar afgebrand het, is op 20 November in die landdroshof op Louis Trichardt gevonnis.

‘n Vonnis van vier jaar vir huisbraak en ses jaar vir brandstigting is opgelê. Die skade aan mnr. Prinsloo se eiendom was geraam op sowat R750 000.

Die magistraat het tydens die vonnisoplegging gesê dat misdaad in daardie gebied buite beheer is en dat ‘n voorbeeld van die misdadigers gemaak moet word.

Mnr. Frans Prinsloo (junior) het na afloop van die vonnisoplegging gesê dat hy tevrede is met die vonnis en dat hy meen dat dit waarskynlik die maksimum vonnis is.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines