ADVERTISEMENT:

 

Anton Hartman van Hoërskool Louis Trichardt spog met ses onderskeidings. Anton is een van die Graad 12 leerders van verlede jaar wie se uitslae onvolledig was.

Liewers laat as nooit vir Anton se A’s

 

News  Date: 13 February 2009

 

Hoërskool Louis Trichardt spog met nog ‘n Graad 12 leerder, Anton Hartman, met ses onderskeidings. Anton is een van die leerders wie se uitslae onvolledig was.

Die onderwysdepartmente het met verlede jaar se Graad 12 eksamen baie gesukkel om volledige uitslae by derduisende matrieks uit te kry.

Op 5 Februarie het Anton die goeie nuus gekry dat hy ses onderskeidings verwerf het. Sy onderskeidings is in wiskunde, wiskunde vraestel 3, fisiese wetenskappe, lewensweteskappe, geografie en lewensoriëntering.

Anton is ingeskryf vir BSc Geologie by die Universiteit van Pretoria met die oog daarop om ‘n geofisikus te word. Hy sou aanvanklik ‘n beurs by die mynreus Anglo Platinum aanvaar het, maar dit sou beteken dat hy eers ‘n blootstellingsjaar by die myn sou moes doen. Hy het egter besluit om eerder dadelik verder te studeer.

Met al die gedoentes het hy laat geregistreer by die universiteit. Noudat hy egter sy volledige uitslae het, kan hy ook aansoek doen vir ‘n prestasiebeurs.

Daar is verskillende redes waarom die departement laat was met sekere uitslae. In Anton se geval het sy registrasie vir wiskunde vraestel 3 telkens nie gewys nie, al is dit meermale teruggestuur. Gelukkig het Ma Benita, ‘n vakadviseur by die onderwysdepartement, hom aangemoedig om tog te gaan skryf en ‘n voorlopige merkblad is saam met sy vraestel ingestuur. Anton se pa is Lionel Hartman, ‘n landbou-ekonoom en tans bestuurder by ‘n mangodroogaanleg.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines