ADVERTISEMENT:

 

Wyle Jaco Steenkamp (regs) saam sy vrou Corlene op hul troudag op 11 November 2006. Foto verskaf.

Jaco Steenkamp skielik oorlede

 

News  Date: 13 February 2009

 

‘n Oud-inwoner van Louis Trichardt, mnr. Jaco Steenkamp, is op 14 Januarie in die ouderdom van 32 jaar aan Hepititus C (‘n tipe geelsug) oorlede.

Jaco was vir bykans ‘n jaar werksaam as eiendomsagent by EstateNet op Louis Trichardt, waarna opgetree het as bestuurder by RRS Sekuriteit. Hy was met sy dood woonagtig op Middelburg, waar sy vrou Corlene tans chemoterapie ontvang vir bloedkanker. Hy laat sy vrou, met wie hy die afgelope twee jaar getroud was, twee stiefkinders (Zanie en Arno Smith), ouers Frans en Joey, skoonouers Dirk en Joey Koekemoer, suster en swaers agter.

Jaco se heengaan word diep betreur deur sy familie en vriende.

“Sy plek is leeg, maar hy leef nog steeds voort in elkeen van ons se harte met net mooi herinneringe, ‘n man wat almal om hom wou tevrede stel en net gevra het vir ‘n plekkie in die son. Ons ou ‘jaagduiweltjie’ op die ovaalbaan waar hy homself geniet het en net homself kon wees,” sê Corlene.

Die familie het hul dank uitgespreek vir almal se SMS’e, oproepe en bystand in hul tyd van hartseer, met spesiale dank aan ouers Dirk en Joey.

“Ons waardeer dit en is baie lief vir julle. Dankie aan my skoonouers, Frans en Joey, vir dit wat jul doen. Ons is lief vir julle almal en het nog steeds jul gebede en bystand nodig vir die tyd wat voorlê in ons lewe,” sê Corlene.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines