ADVERTISEMENT:

 

VerdagteS: David Lihaiwa (29) van Vleifontein, Manuel Zitha (36), Thomas Ramudzuli (40) van Vleifontein, Rudzani Mufamadi (29) van Mailaskop en Thobile Jili (26) van Kwazulu-Natal.

Vyf vinnig vas na Botha-moord

 

News  Date: 27 February 2009

 

Dit was nie Zimbabwiërs of ‘n bende booswigte van die voorwêreld wat aangekeer is vir die moord op die 78-jarige mev. Tienie Botha van Louis Trichardt verlede Donderdag nie. Nee, drie van die vyf verdagtes wat in hegtenis geneem is, is van die Soutpansberg se eie mense.

Twee van die drie, David Lihaiwa (29) en Thomas Ramudzuli (40), is afkomstig vanaf Vleifontein, terwyl die derde verdagte, Rudzani Mufamadi (29), van Mailaskop is. Die vierde verdagte, Manuel Zitha (36), se plek van herkoms was teen druktyd nog onbekend, terwyl die vyfde verdagte, Thobile Jili (26), volgens die polisie vanaf Kwazulu-Natal kom.

Lihaiwa, Ramudzuli, Mufamadi, Zitha en Jili het Maandag in die landdroshof op Louis Trichardt verskyn. Hul saak is vir sewe dae uitgestel na Maandag, 2 Maart. Tydens hul volgende verskyning sal die vyf moontlik ‘n borgaansoek indien, alhoewel dit waarskynlik deur die Staat teengestaan sal word. Van die klagte teen die vyf sal, volgens plaaslike polisiewoordvoerder kapt. Maano Sadiki, onder meer moord en roof met verswarende omstandighede insluit.

Lihaiwa, Zitha, Mufamadi en Jili is dieselfde dag van die moord aangekeer, nadat hulle versuim het om by ‘n polisie padblokkade buite Polokwane te stop. Die polisie het hulle agternagesit en voorgekeer. Vuurwapens, juwele en klerasie van wyle mev. Botha is volgens die polisie in hul besit gevind. Die vuurwapens wat gebuit is, het ingesluit vyf gewere en twee handwapens.

Ramudzuli is die volgende dag (Vrydag) op Elim aangekeer. Volgens kapt. Sadiki is ‘n groot hoeveelheid kontant, asook ‘n ongelisensieerde handwapen, by sy woonplek gevind. Hy het bygevoeg dat Ramudzuli, Lihaiwa en Mufamadi bekende rowers in die omgewing is.

Op ‘n vraag of die vyf verbind word met die aanval op ‘n vrou en haar skoonsuster einde Januarie op Louis Trichardt, het kapt. Sadiki gesê die moontlikheid word nog ondersoek. Die vrou en haar skoonsuster is in die vrou se huis in Andersonstraat aangeval, terwyl dié se twee mans gaan hengel het.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines