ADVERTISEMENT:

 

Polisie wond man oor speelgoedpistool

 

News  Date: 27 February 2009

 

‘n Man wat Maandagoggend op Louis Trichardt amok gemaak het met ‘n speelgoedpistool, herstel tans in die hospitaal, nadat hy deur die polisie in die been geskiet is.

Volgens plaaslike polisiewoordvoerder,kapt. Maano Sadiki het die polisie ‘n klagte ontvang dat ‘n man besig was om moles te maak met ‘n pistool in die omgewing van Werda Toyota. ‘n Polisievoertuig is na die toneel ontbied en het die man in die straat aangetref.

Polisiebeamptes het die man beveel om sy handwapen op die grond te plaas en homself oor te gee. Die man het egter versuim om hierdie opdrag uit te voer. Die polisie het toe ‘n waarskuwingskoot in die grond afgevuur, maar steeds het die man geweier om gehoor te gee aan die polisiebeamptes se bevel. ‘n Tweede skoot is geskiet en die man is in die been gewond.

Die gewonde man is kort na die voorval per ambulans weggeneem vir mediese behandeling. By nadere ondersoek is bevind dat die pistool wat die man gehad het, ‘n speelgoedgeweer was wat baie lyk soos die bekende 9mm Z88. Die vermoede bestaan dat die man moontlik geestelik versteurd kan wees.

Intussen het kapt. Sadiki gesê dat ‘n poging-tot-moord saak deur die polisie geopen is. Die saak sal egter eers na die Direkteur Openbare Vervolging verwys word vir beslissing of daar vervolg gaan word.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines