

ADVERTISEMENT:

News Date: 27 February 2009
Die Soutpansberg Belastingbetalersvereniging (SBBV) is nou gerat om u inbetalings te ontvang. Hierdie aksie tree in werking aan die einde van Februarie/begin Maart. Dit beteken belastingbetalers se rekening vir Februarie se geld kan weerhou en oorbetaal word in die ondergenoemde trustrekening.
Colleen Smit sal vanaf die 1ste tot 7de van elke maand by Van Heerden & Rudolph Ingelyf se kantore wees om u gelde, bewys van betalings en afskrifte van die rekening/e in ontvangs te neem. Betalings moet voor of teen die 6de van elke maand geskied, sodat die rekening betyds deur die prokureur aan die munisipaliteit oorbetaal kan word.
Alle betalings wat gemaak word, moet vergesel word van ‘n getekende prokurasie, afskrif van die rekening en bewys van betaling (indien die oorbetaling elektronies geskied).
Hierdie drie afskrifte kan afgegee word by bogenoemde prokureursfirma te GSB Gebou, Devenishstraat 24, Louis Trichardt of per e-pos gestuur word na [email protected]
Rekeningbetalings moet deur die belastingbetaler self verdeel word. Daar moet aangedui word watter deel van die rekening moet oorbetaal word aan die munisipaliteit en watter deel word teruggehou. Die deel wat teruggehou word sluit in die basiese waterheffing, basiese elektrisiteitsheffing en basiese rioleringsheffing. Wat betaal word sluit in elektrisiteitsverbruik, vullisverwydering, waterverbruik, riolering en BTW op genoemde dienste. ‘n Totale administrasieheffing van 5% moet by alle rekeninge bygevoeg word om die kostes van die aksies te help dra.
Vir meer inligting, skakel Colleen by tel. 079 934 8711.

ADVERTISEMENT:
