

ADVERTISEMENT:

News Date: 27 February 2009
Mnr. Jaco Pretorius se brief in die Zoutpansberger van 20 Februarie het betrekking.
Ek het so ietwat tred verloor met die bemanning van die plaaslike SAPD, maar dit lyk of hierdie man weet waarvan hy praat.
Na die lees van die interessante teregwysing is ek seker dat die publiek en boere in die Louis Trichardt-distrik ook van hom SAL wil hoor:
Die SAPD waarborg dat hulle by jou plek SAL opdaag om jou teen moord, verkragting, marteling, korrupsie en diefstal te beskerm. Oortreders by hierdie misdade SAL gearresteer word. Hulle SAL skuldig bevind word en hulle SAL weggesluit word om nooit weer die misdade te herhaal nie.
Indien nie, lyk dit mos of die SAPD ook maar die voorbeeld van misdadigers volg en op sagte teikens fokus.
Groete uit Port Elizabeth.
- Jan de Klerk

ADVERTISEMENT:
