

ADVERTISEMENT:

News Date: 06 March 2009
Die vyf mans wat aangekeer is vir die moord op die 78-jarige mev. Tienie Botha van Louis Trichardt op Donderdag, 19 Februarie, het Maandag, 2 Maart, weer in die distrikshof op Louis Trichardt verskyn.
Vier van die vyf verdagtes, David Lihaiwa (29), Rudzani Mufamadi (29), Manuel Zitha (36) en Thobile Jili (26) is dieselfde dag van die moord aangekeer, nadat hulle versuim het om by ‘n padblokkade buite Polokwane te stop. Hulle is kort daarna deur die polisie voorgekeer en gearresteer. Vuurwapens, juwele en klerasie van wyle mev. Botha is volgens die polisie in hul besit gevind. Die vuurwapens wat gebuit is, het ingesluit vyf gewere en twee handwapens. Die vyfde verdagtes, Thomas Ramudzuli (40), is die volgende dag op Elim aangekeer.
Lihaiwa, Mufamadi, Zitha, Jili en Ramudzuli se saak is Maandag uitgestel tot 18 Maart wanneer hulle ‘n borgaansoek sal bring. Die Staat sal egter die aansoek teenstaan. Nog geen klagte is aan hulle gestel nie, so hulle kon ook nog nie pleit nie. Intussen is die korrekte forum vir hulle ook nog nie bepaal nie, hetsy dit die streeks- of hooggeregshof gaan wees. Klagte teen hulle sal onder meer insluit moord en roof met verswarende omstandighede. Intussen sal die vyf in aanhouding bly.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
