

ADVERTISEMENT:

News Date: 06 March 2009
‘n Hooggeregshofdatum is uiteindelik bepaal vir die man wat daarvan beskuldig word dat hy ‘n bekende sakeman van Louis Trichardt, mnr. Ben Fisser, op 9 April 2006 koelbloedig in sy huis doodgeskiet het.
Die man, die 25-jarige Lesley Manganye, is vroeg die oggend op Vrydag, 28 Julie, by die minibus-staanplek in Burgerstraat aangekeer danksy knap speur- en opvolgwerk deur drie lede van die polisie se plaaslike misdaadvoorkomingseenheid. Hy is afkomstig vanaf Valdezia en het gepoog om per bus terug te gaan na Elim. Buiten vir die moord op mnr. Fisser, staar Manganye ‘n verdere 54 aanklagte in die gesig. Hy is onder meer ook positief verbind met die huisbraak, poging tot roof en poging tot moord op mev. Rita Swart op 5 April 2006, die huisbraak en poging tot roof by dr. Dirk Jacobs op 10 April 2006, die gewapende roof van mnr. Leon Furstenburg op 13 April 2006 en twee klagte van poging tot moord en een van poging tot gewapende roof op die Van den Berg-egpaar op 18 April 2006. Genoemde misdade is almal in Louis Trichardt gepleeg. Dié misdaadvlaag in die dorp het skielik hierna afgeneem, nadat die pistool wat Manganye na bewering in die aanvalle gebruik het, ure na die skietaanval op die Van den Berg-egpaar by die taxistaanplek in Burgerstraat gevind is. Die pistool, wat einde Maart 2006 by ‘n woning in Van Warmelostraat gesteel is, is volgens die polisie ook positief met die misdade verbind.
Bykans drie jaar na die moord op mnr. Fisser sal Manganye uiteindelik sy dag in die hof kry. ‘n Hooggeregs-hofdatum vir sy verhoor is vasgestel vir 23 tot 27 November vanjaar. Tot dan sal Manganye steeds in aanhouding bly.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
