ADVERTISEMENT:

 

Op Saterdagoggend, 21 Februarie, het besighede in ‘n deel van Krugerstraat gesien hoe daar slote aan die kante van die pad gemaak word. Daarna het die werkers spoorloos verdwyn. Mnr. Jannie Badenhorst, area bestuurder van Northern Hardware & Glass, staan by die sloot.

Munisipaliteit se sloot veroorsaak groot ongelukkigheid

 

News  Date: 06 March 2009

 

Op Saterdag, 21 Februarie, het ondernemings in ‘n deel van Krugerstraat gesien hoe daar slote aan die kante van die pad gemaak word. Daarna het die werkers spoorloos verdwyn.

Northern Hardware & Glass se personeel het tot hul ontsteltenis gesien dat die sloot die volle lengte van die straat afloop, reg voor hulle perseel. Die skouer van die pad is oopgegrawe en so laat staan.

“Die munisipaliteit het ons niks laat weet in verband met die slote nie. Hulle het nie weer die slote kom opvul nie. Dit is nadelig vir ons besigheid,” het NH&G se area bestuurder, mnr. Jannie Badenhorst, gesê.

Die sloot is veral sleg by die ingang waar die voertuie moet in- en uittrek na die passentrum. “Dit maak dit baie moeilik vir ons. Jy kan geen nuwe soort voertuig daar oor laat ry nie, slegs groot bakkies.” het die takbestuurder, mnr. Raymond Seegers, gesê. Hy het maar ‘n paadjie met bakstene gepak om die situasie te probeer beredder. Meer as ‘n week later is die slote nog dieper uitgespoel met die baie reën.

By navraag het die woordvoerder van die Makhado Munisipaliteit, mnr. Louis Bobodi, gesê dat hy poog om vas te stel wat daar aan die gang is en of dit die werk van ‘n kontrakteur is.

Hy het voorts gesê dat 19 strate opgegradeer gaan word en dat die werk binne vier maande voltooi kan wees.

“Agt strate moet gerehabiliteer en herseël word en die ander moet herstel word. Rissik, Krogh, Burger, Songozwi, Kruger, Grobler, President en Devensih tot by Erasmus is onder die strate wat gerehabiliteer moet word,” het Bobodi gesê.

Die haglike toestand van die dorp se strate het ‘n jaar gelede (in Februarie) gedien by die Raad se Uitvoerende Komitee. Daar is melding gemaak van die swak toestand van die strate van Louis Tri-chardt wat nie gedurende die vorige 12 jaar gerehabiliteer is nie. Die strate moes elke vier jaar ‘n nuwe oppervlakte ontvang het. Daar is genoem dat die toemaak van slaggate nie die probleem oplos nie, maar dat die strate gerekonstrueer moet word. Die begroting het net meer as R17.5miljoen beloop en is vir implementering teen 1 April, 2009. Daar is reeds ‘n aanvang geneem met strate in Eltivillas.

“Mense kan van nou af aan om hulle rondkyk en sal sien dat die werk aan die strate plaasvind,” het mnr Bobodi hierdie week gesê.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines