ADVERTISEMENT:

 

“Hoekom moet ons vir lug betaal?”

 

News  Date: 13 March 2009

 

Dit is algemene kennis dat die Makhado Munisipaliteit op ‘n daaglikse basis die water toevoer na ons huise onderbreek. Partymaal tot twee of drie keer per dag.

Het iemand al ooit gewonder hoekom hul dit regtig doen? Die antwoord is voordiehandliggend.

Het enige iemand al ooit na hul watermeters gaan kyk, sodra die watertoevoer weer aangeskakel word?

Wel, nadat my gebruiklike 35 tot 40 eenhede per maand opgeskuif het na tussen 50 en 60 eenhede, het ek moeite gedoen om te gaan kyk. Tot my verbasing het ek gesien dat die meter hardloop soos ‘n tol in die rondte, maar al wat daar uitkom is die lug in die pype.

Toe besef ek dat dit ‘n manier is hoe die munisipaliteit op onregmatige wyse geld by die belastingbetalers steel. Ons betaal vir water wat ons nooit kry nie!

Laat mens wonder, né?

- Jaco Pretorius (Louis Trichardt)

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines