ADVERTISEMENT:

 

Nog geen borg vir Botha-moordverdagtes

 

News  Date: 20 March 2009

 

Daar is nog geen borgaansoek gebring deur die vyf mans wat daarvan beskuldig word dat hulle mev. Tienie Botha (78) op Donderdag, 19 Februarie, koelbloedig in haar huis op Louis Trichardt vermoor het nie.

Die vyf, David Lihaiwa (29), Rudzani Mufamadi (29), Manuel Zitha (36), Thobile Jili (26) en Thomas Ramudzuli (40), het Woensdag weer in die distrikshof op Louis Trichardt verskyn. Dit was hul derde verskyning sedert hulle in hegtenis geneem is. Hulle saak is egter weer uitgestel, die keer tot 7 Mei. Oor waarom die vyf nog nie om borg aansoek gedoen het nie, is daar vertroulik verneem dat die prokureurs gevoel het dit is nog te kort na die moord en dat, sou die vyf moontlik borg kry, dit die gemeenskap erg ongelukkig sal maak. Dit is juis daarom dat hul volgende verskyning vir so ‘n lang tydperk uitgestel is. Intussen bly hulle in aanhouding.

Lihaiwa, Mufamadi, Zitha en Jili is dieselfde dag van die moord aangekeer, nadat hulle versuim het om by ‘n padblokkade buite Polokwane te stop. Hulle is kort daarna deur die polisie voorgekeer en gearresteer. Vuurwapens, juwele en klerasie van wyle mev. Botha is volgens die polisie in hul besit gevind. Ramudzuli is ‘n dag na die moord op Elim aangekeer.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines