ADVERTISEMENT:

 

Die Strydom-egpaar het hierdie foto van die skade aan hul windskerm kort na die voorval met hul selfoon geneem.

Groot skrik ná man klip na voertuig slinger

 

News  Date: 20 March 2009

 

‘n Egpaar van Lugmagbasis Makhado het ternouernood ontkom toe ‘n onbekende persoon hulle voertuig se windskerm met ‘n klip probeer uit gooi het.

Louis en Chantelle Strydom was Vrydag, 27 Februarie, vanaf die basis na Louis Trichardt op pad. Chantelle onthou dat daar geen voertuie voor hulle was nie, toe ‘n vragmotor, gelaai met bakstene, hulle verbygesteek het. Haar man, Louis, het sekondes later gesien hoe ‘n passasier, wat agterop die bak van die vragmotor gesit het, ‘n groot klip wat soos ‘n baksteen gelyk het, gevat het en na hul voertuig geslinger het.

Daar was ‘n slag en Louis het dadelik van die pad afgetrek om te “kyk of alles nog orraait is”. Oomblikke later was die vragmotor skoonveld, sonder dat Louis ‘n registrasienommer kon kry. Hy vermoed dat die vragmotor het iewers langs die pad afgedraai.

Die klip het gelukkig nie regdeur die Strydoms se voertuig se windskerm gegaan nie, maar as dit het, sou dit Louis in sy gesig getref het. Louis en Chantelle se twee kinders was agterin die voertuig ten tye van die voorval.

Afgesien van klein snywondjies wat Louis opgedoen vanweë stukkies glas wat losgekom het en op hom geval het, was die res van die familie ongedeerd.

“Ons almal het baie groot geskrik, maar ons was baie gelukkig. As dit nie vir die shatterproof lagie oor die windskerm was nie, het die klip verseker vir Louis getref,” sê Chantelle.

Die skade aan die windskerm was ongeveer R6 000, maar gelukkig vir hulle het die versekering die meeste daarvan uitbetaal en kon die windskerm vinnig vervang word.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines