ADVERTISEMENT:

 

SBBV trek te velde oor Raad se skielike onkunde

 

News  Date: 27 March 2009

 

Die Soutpansberg Belastingbetalersvereniging het heftig te velde getrek teen wat bestempel is as die skielike onkunde van die munisipaliteit aangaande die huidige belastingweerhouding. Die SBBV sê ook dat daar verdere aksies aan die kom is.

“Die Makhado Munisipaliteit, by monde van die waarnemende munisipale bestuurder, mnr. Hitler Maluleke, pleit nou skielik onskuldig dat die munisipaliteit nie weet dat belastings teruggehou word nie en dat die munisipaliteit nie amptelik daarvan in kennis gestel is nie,” lui ‘n mediaverklaring van die SBBV.

Dit is vir die vereniging onaanvaar¬baar, aangesien die dispuut met die munisipaliteit reeds op die 26 Augustus verlede jaar skriftelik verklaar is. Daarin is die Makhado Munisipaliteit voor ‘n ultimatum gestel om gehoor te gee aan die eise van die belastingbetalers. In die dispuutverklaring is dui-delik melding gemaak dat aksie geneem sal word, ingesluit die “weerhouding van tariewe en belastings, wat gebruik sal word om die infrastruktuur te onderhou sodra dit finansieel moontlik is.”

Twee maande later, op 24 Oktober, is ‘n vergadering gehou met die Makhado- en Vhembe Munisipaliteite waartydens die SBBV onderneem het om die dispuut en wat daarmee gepaard gaan, op te skort tot 15 Januarie vanjaar, op welke datum die munisipaliteite planne moes voorlê, gepaard met begrotings en tydskedules, om die besware van die belastingbetalers aan te spreek. “Maar 15 Januarie het gekom en gegaan en die Munisipaliteit het die SBBV nie in kennis gestel dat die vergadering nie sal plaasvind nie,” sê SBBV woordvoerder mnr. Herman Smith.

Voorts het die SBBV die munisipaliteit duidelik in kennis gestel dat die dispuut voortgesit word. “Nog ‘n skrywe aan die munisipaliteit het gevolg op 9 Maart, om die munisipaliteit amptelik daarvan in kennis te stel indien hulle nie die vorige skrywes gelees het nie,” lui die verkla-ring.

Die terughouding van tariewe en belastings word reeds uitgevoer.

Die SBBV sê dat daar ook ander stappe is wat geneem kan word. “Daar word nou aandag gegee aan ander stappe, waaronder geregtelike stappe om die finansiële warboel te laat ontleed en die skuldige partye wat verantwoordelik is vir die finansiële wanbestuur, in hulle persoonlike hoedanighede te laat aanspreek,” sê die SBBV. Die aanspreeklikheid geld ook vir diegene wat verantwoordelik is vir die aanhoudende besoedeling van die natuur, ondergrondse waterbronne, strome en boorgate waardeur die inwoners van die dorp se gesondheid in gevaar gestel word. “Diegene wat die werkinge van ordelike munisipale bestel elke keer saboteer, sal ook aan die kaak gestel word,” lui die SBBV verklaring.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines