ADVERTISEMENT:

 

Oom Sippie Bezuidenhout staan by sy bakkie waarvan booswigte drie van die wiele reg voor sy voordeur gesteel het.

Oom Sippie sy bakkie se wiele kwyt onder sy neus

 

News  Date: 27 March 2009

 

‘n Rampokkerbende het Dinsdagaand toegeslaan op die bakkie van ‘n weerlose bejaarde egpaar van Celliersstraat in Louis Trichardt.

Oom Sippie en tannie Patsy Bezuidenhout is deur die Soutpansberg Dorpswag wakker gemaak met die slegte nuus dat drie van hulle bakkie se wiele afgesteel is, reg voor hulle huis. Die bakkie, wat nie eens vyf treë van hul voordeur gestaan het in ‘n goed verligte area nie, is net daar vir hulle op ‘n klomp bakstene onder die aste laat staan.

“My huis is oud en nie omhein nie, maar dit is die eerste keer dat so iets met ons gebeur. Ek en die tannie bly al am-per 20 jaar in hierdie huis,” sê Oom Sippie

By nadere ondersoek het Oom Sippie en die dorpswag gesien dat daar meer as net een skelm moes gewees het. Die bakkie is eers netjies opgelig en staangemaak op ‘n paar bakstene, voordat drie van die wiele losgemaak en te-same met die wieldoppe en wielmoere gesteel is. Die diewe het nog nie begin om die vierde wiel los te maak nie. Na wat vermoed word het die rowers geskrik vir die dorpswag se soeklig, toe hulle aan die agterkant van Oom Sippie se erf gepatrolleer het.

Die polisie is dadelik ontbied en die omliggende area en die leë erwe in die straat is gefynkam om te sien of die rampokkers nie dalk die wiele in die lang grasse versteek het nie. Oom Sippie het sommer dadelik ‘n klag van diefstal by die polisie ingedien. Teen druktyd is niemand nog aangekeer nie.

Oom Sippie reken dit sal hom tussen R3 000 en R5 000 uit die sak jaag om die wiele te vervang.

“Dit is ‘n groot ongerief, maar gelukkig het ek versekering. Die bakkie sal nou vir ‘n hele paar dae net hier op die bakstene moet bly staan en die mense wat die bande moet vervang sal dit seker maar hier op my erf moet kom doen!” sê Oom Sippie.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines