ADVERTISEMENT:

 

Polisiekaptein in hof oor regsverydeling

 

News  Date: 03 April 2009

 

Kaptein Gloria Hlambela, ‘n polisievrou van Musina, het Vrydag (20 Maart) in die plaaslike landdroshof op Louis Trichardt verskyn op klagtes van regsverydeling, vervalsing en uitgifting.

Die saak teen Hlambela spruit uit ‘n voorval verlede jaar toe sy die ondersoekbeampte in ‘n kleuterverkragtingsaak was. Die klaagster in die saak was ‘n vyf-jaar-oue meisie.

Die beskuldigde in die verkragtingsaak is gestuur vir sielkundige evaluering. Terwyl die hof gewag het vir die sielkundiges se verslag, het Hlambela na bewering ‘n terugtrekkingsverklaring ingevul, beëdig en in die dossier geplaas. Intussen is die beskuldigde bevoeg verklaar om tereg te staan op die aanklagte teen hom. Die saak is egter uit die hof gegooi weens die verklaring wat Hlambela ingevul het.

Hlambela het erken dat sy die terugtrekkingsverklaring ingevul het, maar dat sy dit in opdrag gedoen het van die kleuter se ma. Die ma ontken egter dat sy toestemming gegee het vir Hlambela om die verklaring in te vul. Hlambela se saak is uitgestel tot 5 Junie. Sy het nog nie gepleit nie.

Intussen is Hlambela steeds in die diens van die SAPD op Musina. Sedert die saak van regsverydeling teen haar aanhangig gemaak is, is sy van inspekteur na kaptein bevorder. Kaptein Rhangani, ‘n woordvoerder van Musina polisie, het op navraag ook bevestig dat Hlambela nie op verlof of geskors is nie en dat sy steeds voortgaan met haar normale dagtake.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines