

ADVERTISEMENT:

News Date: 03 April 2009
Die Soutpansberg Belastingbetalersvereniging (SBBV) is erg ontstoke oor die nuus dat konstruksie van die nuwe Mowkop reservoir gestaak is.
“Dit is ‘n basiese reg dat munisipaliteite skoon en gereelde drinkwater aan die inwoners moet voorsien indien hulle daarvoor betaal. Die Mowkop reservoir is ‘n voorbeeld van onbevoegdheid in die hantering van tenders en die beoordeling van kontrakteurs. Die reservoir is reeds besig om te verval, voordat dit naastenby halfpad gebou is,” lui ‘n persverklaring van die SBBV.
Belastingbetalers wat hoop om deur die reservoir bedien te word, sal dalk nog maande in ongerief moet leef. Die SBBV het te velde getrek teen die munisipaliteit wat die belastingbetalers minag deur nie deursigtig te wees en inligting beskikbaar te stel nie.
“Die bouwerk aan die reservoir is blykbaar reeds maande gelede gestaak. Dit wil blyk dat daar nou ‘n hofsaak aan die gang is of gaan plaasvind tussen die munisipaliteit en die kontrakteurs. Dit kan seker maande duur, met die gepaardgaande ongerief vir die belastingbetalers. Die amptenare wat hulle aanhoudend skuldig maak aan roekelose bestuur moet in hulle persoonlike hoedanighede aangekla word,” sê die SBBV.
Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

ADVERTISEMENT:
