ADVERTISEMENT:

 

Dorp in misdaadgreep vasgevang

 

News  Date: 03 April 2009

 

Die Makhado Polisie het ‘n bedrywige week gehad ná ‘n ongekende toename van misdaad in Louis Trichardt. Verskeie verdagtes is aangekeer, meestal op aanklagte van saakbeskadiging, diefstal en aanranding.

Alhoewel die polisie nie misdaadstatisteike gee nie, is daar uit talle oorde berig dat inbrake en rooftogte by ondernemings en privaat wonings aan die toeneem is. Tog sê die polisie die misdadigers die stryd aan.

In een voorval is ‘n 34-jarige verdagte op Dinsdag, 24 Maart, aangekeer vir gewone roof by Game se parkeer-area. Op Vrydag, 27 Maart, is ‘n 36-jarige slagoffer beroof van sy geld by die minibusstaanplek in Burgerstraat. Die slagoffer het saam met die polisie gewerk en twee verdagtes, tussen die ouderdomme van 24 en 27 jaar, is later vasgestrek.

Buiten bogenoemde, was daar verdere arrestasies die afgelope naweek. Drie persone is gevang vir winkeldiefstal, drie vir aanranding en drie vir bedrog. Nog een verdagte is gearresteer vir die steel van goedere uit ‘n voertuig in Tshikota.

Al die verdagtes sal binnekort in die hof verskyn.

Die toename in misdaad in Louis Trichardt is ‘n bron van kommer vir die polisie. Mnr. Dirk Meissenheimer, voorsitter van die Soutpansberg Dorpswag, het ook sy kommer uitgespreek. Hy sê dat die dorpswag nie al die amptelike misdaadsyfers in hulle besit het nie, maar dat hulle ook ‘n toename in misdaad ondervind.

Meissenheimer het inwoners gemaan om altyd veiligheidsbewus te wees en beklemtoon dat “lede van die dorpswag en polisie nie orals ten alle tye kan wees nie. Inwoners moet ook van hulle kant misdaad probeer voorkom.” Hy sê die basiese dinge wat ‘n mens kan doen om jouself te beveilig is om te sorg dat jou huis omhein is met ten minste ‘n sesvoet heining. “As daar lemmetjies draad bo-op gespan kan word, nog beter! Kap al die onno-dige bosse rondom jou huis af; skelms moet nie daar kan wegkruip nie. Laat die veiligheidshek-ke en –tralies versterk en sorg dat dit altyd gesluit is. Moenie sleutels laat rondlê nie en hou maar altyd die gordyne toe in die aande. Noodnommers moet altyd byderhand gehou word en as iemand dit kan bekostig, kan hulle ‘n tweerigting-radio aanskaf. Baie meer mense sal kan hoor as jy om hulp roep,” sê Meis-senheimer. Hy het lede van die publiek versoek om betrokke te raak by die dorpswag.

“Deur saam te staan, kan ‘n gemeenskap keer dat misdadigers hul woonbuurt oorneem,” sê Meissenheimer.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines