ADVERTISEMENT:

 

Wyle mev. Hannie Oosthuysen (93).

Ouma Hannie Oosthuysen oorlede

 

News  Date: 10 April 2009

 

Familie en vriende het met hartseer verneem van die afsterwe van die welbekende mev. Hannie Oosthuysen van die Musina-omgewing.

Mev. Oosthuysen is op Sondag, 5 April in die ouderdom van 93 jaar op die plaas Nuwelus oorlede waar sy vir jare saam met haar seun, Fanus Oosthuysen, en familie op die familieplaas geboer het. Sy is op 19 Oktober 1915 op Louis Trichardt gebore en het as kind op Mopanie grootgeword waar sy ook skoolgegaan het. In 1934 is sy getroud met Kruger Oosthuysen. Hy is in 1966 reeds oorlede.

“Ouma Hannie sal onthou word as een van die min mense wat die geskiedenis van die Messina-omgewing goed geken het. Haar geheue was verskriklik goed en sy kon name en ander geskiedenis in detail oorvertel. Haar boek van die omgewing gaan ook binnekort gepubliseer word en ons sien baie daarna uit,” sê die familie.

‘n Roudiens vir wyle mev. Oosthuysen vind plaas om 11:00 op Donderdag, 9 April op die plaas. Sy word oorleef deur haar vier kinders (Fanus Oosthuysen, Stacey Oosthuysen, Ester Cloete en Rina Breytenbach), tien kleinkinders en nege agterkleinkinders.

Die familie het hul dank uitgespreek teenoor almal wat hulle ondersteun het, asook die vroue van die Linton Boerevereniging en die NG Kerk Messina-gemeente vir die verversings wat tydens die roudiens bedien sal word.

Vir meer inligting oor die roudiens kan Rina geskakel word by tel. 073 885 7202 of Kruger Oosthuysen by 083 653 4026.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines