ADVERTISEMENT:

 

Die twee vragmotors wat vroeg verlede Donderdagoggend in ‘n botsing op die Waterpoort-pad betrokke wa. Twee passasiers is ernstig in die ongeluk beseer. Foto’s verskaf.

Twee ernstig beseer ná vragmotors bots

 

News  Date: 17 April 2009

 

Twee persone is ernstig beseer in ‘n ongeluk tussen twee swaarvoertuie kort voor die Paasnaweek op Donderdagoggend, 9 April.

Die ongeluk het vroegoggend op die Waterpoort-pad naby die aansluiting met die N1 na Musina plaasgevind.

Die hulp van nood- en reddingsvoertuie en ‘n selfs ‘n helikopter is ingeroep toe twee buitelandse vragmotors tromp-op met mekaar gebots het op ‘n reguit gedeelte van die pad. Een van die vragmotors het aan die brand geslaan en heeltemal uitgebrand. Die pad moes vir ‘n geruime tyd gesluit word, met motoriste wat ‘n ompad deur ‘n aangrensende plaas moes ry.

Volgens ‘n woordvoerder van die Waterpoort polisie, Inspekteur Ezikiël Lishivha, het een van die vragmotors, van die HJ Hauler Maatskappy, in ‘n oostelike rigting gereis. Die polisie vermoed dat die bestuurder van dié vragmotor het aan die slaap geraak het en in die aankomende Rainbow-vragmotor vasgejaag het.

Beide vragmotorbestuurders het geringe beserings opgedoen. Die twee passasiers in die onderskeie vragmotors was egter minder gelukkig. Beide is erg beseer, met een van die beseerdes wat in die Elim Hospitaal opgeneem is.

‘n Saak van nalatige bestuur word deur die polisie ondersoek.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines