ADVERTISEMENT:

 

Menselewens is vir ons belangrik, sê Raad na ongeluk

 

News  Date: 24 April 2009

 

Mnr. Louis Bobodi, woordvoerder van die Makhado Munisipaliteit, het na aanleiding van die ongeluk in Bauhiniastraat voorverlede week gesê dat die munisipaliteit “dringend” die voorval ondersoek, omdat menselewens op die spel is.

Volgens Bobodi sal spoedwalle binne die volgende paar maande in Bauhiniastraat geplaas word, sowel as in ander strate waar dit nodig is.

Intussen kon die name van die bestuurder en passasiers van die voertuig wat Vrydag, 11 April die ongeluk in Bauhiniastraat veroorsaak het, nog nie vasgestel word nie.

Plaaslike polisiewoordvoerder kapt. Maano Sadiki het bevestig dat daar wel ‘n saak van nalatige en roekelose bestuur ondersoek word, maar dat daar nog nie ‘n hofdatum vasgestel kon word nie “omdat sulke sake gewoonlik net geopen word vir versekeringsdoeleindes.”

Kaptein Sadiki het verder bevestig dat daar nie bloedmonsters van die bestuurder geneem is om sy bloed/alkoholvlakke te bepaal nie. Hy bygevoeg dat daar ook nie bloedtoetse gedoen is by die hospitaal nie, omdat “die bestuurder baie vinnig ná die ongeluk per ambulans na die hospitaal vervoer is” en dat dit “nutteloos” sou gewees het om na die tyd by die hospitaal bloedmonsters van die bestuurder te vat “omdat hy (die bestuurder) weer nugter kon gewees het teen die tyd wat die polisie daar sou opdaag.”

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines