

ADVERTISEMENT:

News Date: 24 April 2009
Na aanleiding van die berig van 17 April in die koerant oor die ongeluk in Bauhiniastraat.
Ons bly in Buffelstraat en het ‘n versoek gerig aan die munisipaliteit in Januarie 2009 om asseblief vir ons spoedwalle aan te bring, aangesien daar verskeie inwoners is wat dink hulle het die reg om te jaag soos wat hulle wil.
Hulle gebruik ons straat sowel as Leeustraat as ‘n Kyalami baan. Daar word gereeld gekyk wie kan die vinnigste jaag. As jy wel een jaagduiwel gestop kan kry en hom versoek om asseblief nie te jaag nie, dan word jy uitgeskel as die pretbederwer.
Nou ek is baie jammer, daar is gereeld stappers met kinders en honde. Wat as een van daai lot hulle tref? Gaan dit ‘n geval wees van “I am sorry?”
‘n Paar weke terug is daar ‘n meisie per ongeluk gestamp, gelukkig was dit nie ernstig nie, maar wat van die volgende keer? Hoekom vat dit so lank om ‘n paar spoedwalle goedgekeur te kry of is daar ook nie geld vir dit nie?
- Besorgde inwoner (Louis Trichardt)

ADVERTISEMENT:
