ADVERTISEMENT:

 

Botha-moordverdagtes weer in hof

 

News  Date: 01 May 2009

 

Die vyf mans wat daarvan beskuldig word dat hulle op Donderdag, 19 Februarie, verantwoordelik was vir die moord op die 78-jarige mev. Tienie Botha sal op 7 Mei weer in die hof op Louis Trichardt verskyn.

Die vyf mans sal na alle waarskynlik volgende week om borg aansoek doen. Tydens hul vorige hofverskyning op 18 Maart vanjaar, is daar vertroulik verneem dat die rede waarom daar nie toe om borg aansoek gedoen is nie, was omdat hul prokureurs gevoel het dit was nog te kort na die moord en dat, sou die vyf moontlik borg kry, dit die gemeenskap erg ongelukkig sou maak.

Die vyf, David Lihaiwa (29), Rudzani Mufamadi (29), Manuel Zitha (36), Thobile Jili (26) en Thomas Ramudzuli (40), is steeds in aanhouding.

Lihaiwa, Mufamadi, Zitha en Jili is dieselfde dag van die moord aangekeer, nadat hulle versuim het om by ‘n padblokkade buite Polokwane te stop. Hulle is kort daarna deur die polisie voorgekeer en gearresteer. Vuurwapens, juwele en klerasie van wyle mev. Botha is volgens die polisie in hul besit gevind. Ramudzuli is ‘n dag na die moord op Elim aangekeer.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines