

ADVERTISEMENT:

News Date: 01 May 2009
‘n Twee-en-veertigjarige voetganger is Saterdagaand (25 April) dood, nadat hy deur ‘n voertuig by die omstrede onwettige kruising na Makhado Park buite Louis Trichardt raakgery is.
Volgens polisiewoordvoerder, kapt. Maano Sadike, was die man besig om die N1 oor te steek, maar het hom vermoedelik misgis met die spoed van ‘n aankomende voertuig. Die man is op die toneel dood.
Die kruising word met die goedkeuring van die plaaslike munisipaliteit oopgehou, in weerwil van die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (SANPAB). Mnr. Louis Bobodi, munisipale woordvoerder, het vandeesweek bevestig dat ‘n konsultant intussen deur die munisipaliteit aangestel is om verkeerstudies te doen aangaande die betrokke kruising. Volgens Bobodi het die konsultant studies gedoen van die kruisings by Safari Motors, Makhado Park en die Elim-afdraai. Hy sê dat die verslag na die SANPAB gestuur is vir goedkeuring en dat hulle (SANPAB) “wel daarop attent gemaak het van die dringendheid daarvan, aangesien menselewens betrokke is.”

ADVERTISEMENT:
