

ADVERTISEMENT:

News Date: 01 May 2009
Kranige skaakspelertjie Dewald Stroebel van Laerskool Louis Trichardt het nog ‘n mooi prestasie vir die hele Limpopo provinsie behaal. Hy is gekies om Suid-Afrika vanjaar gedurende die Julie-vakansie in die St. Lo Chess Festival in Frankryk te verteenwoordig.
Dewald het alreeds in Graad 1 Limpopo-kleure vir skaak verwerf en is ná afloop van die SA Junior skaakkampioenskappe vroeër vanjaar op Potchefstroom, uitgenooi na die SA Geslote Junior Kampioenskappe wat van 6 tot 12 April op Rustenburg gehou is. In die O/10-afdeling vir seuns het altesaam 10 spelertjies op ‘n rondomtalie grondslag deelgeneem. Dewald het gesamentlik vierde geëindig en is ingesluit in die span wat Suid-Afrika oorsee moet verteenwoordig.
Die eerste drie seuntjies gaan Turkye toe vir die Wêreldkampioenskappe. Die volgende drie gaan na St. Lo in Frankryk. Dewald is die enigste junior uit Limpopo wat in die span ingesluit is.
Sy afrigter, mnr. Frans Badenhorst, sê vir ‘n spelertjie uit die platteland, waar daar beperkte blootstelling is, is dit ‘n besonderse prestasie.
“In die stedelike gebiede is afrigting geredelik beskikbaar en daar is bykans elke naweek ‘n toernooi. Hier by ons is daar hoogstens vier toernooie per jaar.”
Mnr. Badenhorst woon in Polokwane.
“Dewald se afrigting geskied maar die kere wanneer hulle hier kom en vir die res is ons op die Internet aangewese. Onder dié omstandighede is sy prestasie te meer uitstaande,” sê hy.
Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

ADVERTISEMENT:
