

ADVERTISEMENT:

News Date: 08 May 2009
Ses Zimbabwiërs is die afgelope naweek dood in ‘n gru-ongeluk naby Kennington Lodge sowat 20km buite Louis Trichardt op die N1-suid.
Die ongeluk het Saterdag, 2 Mei, omstreeks 13:00 plaasgevind.
Die Zimbabwiërs was in twee afsonderlike voertuie op reis na Louis Trichardt, toe die bestuurder van die voorste voertuig skielik met sy dubbelkajuit bakkie ‘n U-draai oor die N1 gemaak het. Die bestuurder van ‘n aankomende luukse voertuig het die bakkie vol op die sy getref. Die impak het van die passasier uit die bakkie geslinger.
Beide voertuie het van die pad getol, met die luukse voertuig wat teen ‘n boom tot stilstand gekom het en aan die brand geslaan het. Die vlamme kon egter gou onder beheer gebring word.
Volgens Kapt. Maano Sadike, polisiewoordvoerder op Louis Trichardt, is ses ander passasiers ernstig beseer. ‘n Saak van strafbare manslag word ondersoek.

ADVERTISEMENT:
