ADVERTISEMENT:

 

Wyle mnr. Koos van Tonder (74).

Een van Soutpansberg se voorste boere sterf

 

News  Date: 08 May 2009

 

Een van Soutpansberg se voorste boere, mnr. Koos van Tonder van die plaas Goedehoop, is verlede Vrydag op die plaas oorlede, net ‘n week voor sy 75ste verjaardag.

Die begrafnis was Woensdag op die plaas. Mnr. Van Tonder is ‘n boorling van die Soutpansberg, het op Louis Trichardt skool gegaan en het sy lewe lank in die omgewing geboer.

Saam met sy eggenote, Hannetje, het hy onder meer op Goedehoop sy merkwaardige liefde vir landbou en veeboerdery met ‘n vaste geloof en harde werk uitgeleef.

Sowat twee jaar gelede was hy in ‘n ernstige ongeluk met elektrisiteit. Dit het permanente skade gelaat en sy gesondheid het geleidelik agteruitgegaan. Die afgelope drie maande was hy bedlêend.

Mnr. Van Tonder word oorleef deur sy eggenote en drie kin-ders, Christo, Annelie en Elna.

 

Written by

Frans van der Merwe

Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines