

ADVERTISEMENT:

News Date: 15 May 2009
Omgewingsbewarings wetstoepassers (die Groen Skerpioene) besoek vandeesweek die omstrede bouperseel bo-op die Soutpansberg, waar die Makhado Munisipaliteit met die steun van die Departement van Plaaslike Regering en Behuising besig is met die ontwikkeling van ‘n groot HOP-huis woonbuurt.
Die projek, wat volgens die munisipale woordvoerder behuising sal verskaf vir behoeftige plaasarbeiders, word reg langs ‘n historiese Venda-kultuurerfenisgebied ontwikkel en sluit volgens die munisipaliteit 63 woonhuise in.
Daar kon tot dusver nog geen aanduiding gevind word van enige impakstudie wat dié ontwikkeling binne ‘n ekologies hoogs sensitiewe omgewing voorafgegaan het nie. Volgens waarnemers kan die ontwikkeling rampspoedige gevolge hê vir die betrokke ekosisteem en vir die inwoners van Louis Trichardt aan die voet van die berg.
Die ontwikkeling vind plaas reg in die middel van die natuurlike water opvangsgebied van die dorp en omgewing.
Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

ADVERTISEMENT:
