

ADVERTISEMENT:

News Date: 15 May 2009
‘n Gewoonte misdadiger van die Alldays-omgewing, Bigboy Mateke, is op Woensdag, 6 Mei in die streekhof op Waterval skuldig bevind op een klagte van verkragting en een klagte van poging tot moord. Vir sy straf is hy lewenslank tronk toe gestuur.
Mateke het op 3 Junie, 2007, ‘n agtjarige meisie van Taaibos, naby Alldays, weggelok van haar ouerhuis en haar verkrag. Hy het ook twee dae na die voorval ‘n vrou aangeval.
Die vrouens van die gemeenskap het te hore gekom van die meisie wat verkrag is en het saamgekom om protes aan te teken oor hierdie gewoontemisdadiger in hulle omgewing. Dit is by hierdie geleentheid dat daar ‘n konfrontasie tussen hom en een van die vrouens, Johanna Mathekga, uitgebreek het. Mateke het toe ‘n mes uitgepluk en haar een keer in die arm en een keer in die rug gewond met die mes.
Danksy die vinnige optrede en deeglike ondersoekwerk van die polisie, is Mateke vinnig gearresteer en voor die hof gebring.
Ondanks die feit dat Mateke ontken het dat hy die meisie verkrag het, is DNA van Mateke op die meisie gevind en as getuienis voor die hof gebring. Die meisie het ook baie mooi getuienis teen hom gelewer.
Met die hulp van spesialis aanklaer Sam Mukhari is Mateke skuldig bevind en le-wenslange tronkstraf opgelê.

ADVERTISEMENT:
