

ADVERTISEMENT:

News Date: 22 May 2009
Ds. Leon du Toit, leraar van die Afrikaanse Protestante Kerk op Louis Trichardt, is in die Mediclinic in Polokwane, nadat hy vermoedelik beide ‘n beroerte en ‘n hartaanval gehad het. Hy is in die waakeenheid en sy toestand is kritiek.
Ds. Du Toit het blykbaar beide aanvalle gekry deur die loop van Sondagnag en is in ‘n bewustelose toestand aangetref deur sy vrou, Erna. Hy is aanvanklik na die Zoutpansberg Privaathospitaal geneem, maar is later oorgeplaas na die Mediclinic in Polokwane.
By die Mediclinic is hy aan masjiene gekoppel om sy hart en longe aan die gang te hou. Volgens die egpaar se seun, Abri, moes mev. Du Toit die besluit neem of die masjiene wat hom aan die lewe hou, afgeskakel moet word met die hoop dat hy op sy eie sal kan asemhaal. Dit is toe ge-doen, maar die suurstof is nie ontkoppel nie.
Teen druktyd was daar nog geen verandering in sy toestand nie. Die gemeenskap se voorbidding word gevra.

ADVERTISEMENT:
