ADVERTISEMENT:

 

Rowers vlug met buit na wilde skietgeveg

 

News  Date: 12 December 2003

 

MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) – Een van die dorp se bekendste besighede, Solly's Discount World, het Dinsdag die jongste slagoffer geword van 'n gewaagde rooftog.

Vier gewapende rowers het omstreeks 08:45 'n groep sekuriteitswagte by die besigheid se ingang oorval. Die wagte het kom geld oplaai by die besigheid.

'n Wilde skietery het tussen die rowers en die gewapende sekuriteitswagte ontstaan. Omstanders het na die tyd opgemerk dat dit soos 'n mini-oorlog geklink het. Drie sekuriteitswagte en een van die rowers is in die vuurgeveg gewond. Gelukkig is niemand dood nie. 'n Vinnige opname op die toneel het getoon dat die rowers en sekuriteitswagte gesamentlik sowat 20 skote afgevuur het, te midde van talle omstanders in die middedorp.

Die gewonde rower se drie makkers het 'n geldtrommel gegryp en in 'n bakkie op die vluggeslaan, en hom in die proses agtergelaat. Die gewonde rower het gepoog om in die tuin by die Ferdie Beyerssaal te gaan skuiling soek, maar hy is oomblikke later aangekeer en gearresteer. Die wapen wat hy in die aanval gebruik het, is ook teruggevind.

Teen druktyd was dit nie seker of die polisie enige verdere verdagtes in die roof aangekeer het nie. Etlike honderde duisende rande is tydens die voorval geroof.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines