ADVERTISEMENT:

 

Verdagte vas oor polisiekaptein se kar vol koperdraad

 

News  Date: 12 June 2009

 

Die polisie op Louis Trichardt het Maandag ‘n 30-jarige verdagte aangekeer in verband met die dief-stal van ‘n polisiekaptein se voertuig wat op 25 Mei verlate op die Vondelingpad met ‘n vrag gesteelde koperdraad gevind is.

Die voorval het onmiddellik ‘n paar wenkbroue laat lig. Die betrokke polisiekaptein het ná die ontdekking van sy voertuig ‘n saak van voertuigdiefstal geopen en het enige aandeel in die voorval ontken.

Plaaslike polisiewoordvoerder kapt. Maano Sadike sê die verdagte is in Thohoyandou aangekeer op klagte wat verband hou met die diefstal van die kaptein se voertuig, die besit van vermoedelik gesteelde goedere, saakbeskadiging, diefstal vanuit ‘n voertuig en koperdraaddiefstal.

Volgens Sadike is die verdagte ‘n voormalige prisonier wat sy vonnis by onderskeidelik Matatshe en die Kutama Sinthumule Maksimum Sekuriteitsgevangenis uitgedien het. ‘n Paar maande voor sy vrylating het hy harde arbeid by die polisiestasie op Louis Trichardt verrig. Sadike is van mening dat dit tydens hierdie tydperk was wat hy die diefstal van die polisiekaptein se voertuig beplan het. Hy is skaars ‘n week voor die voorval vrygelaat.

Teen druktyd was dit nie seker of die verdagte al in die hof verskyn het nie. Hy is egter steeds in aanhouding.

 

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines