

ADVERTISEMENT:

News Date: 12 June 2009
Die twee mans wat daarvan beskuldig word dat hulle op Saterdag, 2 Mei die 24-uur kiosk by Bridge Motors beroof het, sal op 27 Julie weer in die hof op Louis Trichardt verskyn.
Die twee mans, Steven Shorty Chauke (27) en Brighton David Moleya Chauke (23), albei van Zimbabwe, het die eerste keer op 7 Mei in die hof hier verskyn, waarna hul saak uitgestel is tot 29 Mei vir verdere ondersoek.
Die hele roof is op ‘n sekuriteitskamera vasgelê. In die video kan daar duidelik gesien word hoe twee ongemaskerde mans die winkel binnekom, een ‘n pistool uitpluk en op die kassiere rig en hoe hulle daarna met ‘n groot bedrag kontant en sigarette wegkom. Tydens die twee se arrestasie is ‘n groot hoeveelheid kontant, asook ‘n onwettig vuurwapen en ammunisie, in hul besit gevind. Hul saak is uitgestel tot 27 Julie, omdat daar nog gewag word op die uitslae van DNS-monsters.

ADVERTISEMENT:
