ADVERTISEMENT:

 

Inspekteur Sekgololo van die plaaslike Kriminele Rekordksentrum staan hier by die hoop leë selfoonhouers wat agtergebly het, nadat inbrekers die selfone verwyder het.

Alarm skreeu, maar boewe buit steeds duur selfone

 

News  Date: 19 June 2009

 

Die sentrale sakegebied van Louis Trichardt loop weer ernstig deur onder ‘n vlaag inbrake.

Maandagoggend om 01:12 het inbrekers by Exact klerewinkel in Songowistraat begin inbreek en om 01:32 het hulle toegang tot die winkel verkry. Dit kon vasgestel word volgens die alarm se aktiwiteitsverslag.

Selfone met ‘n geraamde waarde van R100 000 is gesteel. Geen klere word sover vermis nie. Die selfone is gesteel vanuit die boonste vloer van die winkel met die booswigte wat rustig die verpakking waarin die selfone kom, oopgeskeur en die fone verwyder het.

Die diewe het toegang verkry deur die agterste deur op die onderste vloer oop te forseer en die hek se slot af te knip. Dit is moontlik dat die voorval verband hou met nog ‘n inbraak die naweek wat by ‘n nabygeleë winkel, Biscuit King, plaasgevind het.

Wat die bestuurder van Exact, mnr. Adrian Saunders, ontstel het, is die feit dat daar reeds Vrydag (12de) ‘n poging tot inbraak was. Daar was ‘n poging om by die agterdeur op die boonste vloer in te kom, maar die inbrekers kon nie die ysterhek oopkry nie.

“Die alarm het ook afgegaan. Ek wonder of hulle toe wou sien of daar gewapende reaksie is of nie,” het Saunders gesê. Hy het gehoop dat daar ekstra moeite gedoen sou word as gevolg van hierdie poging om toegang tot die winkel te verkry.

By Maandagoggend se inbraak het die bestuurder dit kommerwekkend gevind dat ‘n aantal alarms afgegaan het en dat die gewapende reaksie verwittig is, maar dat daar baie gou gerapporteer is dat alles in orde is. Die winkel se alarmstelsel val onder hul hoofkantoor, wat die gewapende reaksie plaaslik subkontrakteer.

“Dit is die eerste inbraak in die vier jaar wat die winkel oop is en in die drie jaar wat ek bestuurder is,” het Saunders gesê.

Die eienaar van die plaaslike gewapende reaksie, mnr. Fanie Geyer, het gereageer op die voorval en die winkel Maandagmiddag besoek. Hy het gesê dat die winkelgroep se beheersentrum nie aan die plaaslike beheerkamer gespesifiseer het waar die alarm afgegaan het, of dit voor of agter die winkel was nie, en ook nie gespesifiseer het dat daar meer as een zone afgegaan het nie.

“Die wag se voertuig was toevallig in die omgewing en hy het voor by die winkel gekyk en geen aktiwiteit gesien nie,” het Geyer gesê.

Die syhek wat na die agterste ingang lei, het op die oog af ook gesluit gelyk, maar was skynbaar nie gesluit nie. Geyer sê dat sy direkte kliënte hom persoonlik kontak en dat hy dan gewoonlik ‘n sleutelhouer saamneem en die besigheid binnegaan. Dit is, volgens Geyer, egter ‘n probleem dat baie inbrekers ondervinding het van alarmstelstelsels en weet hoe om dit te omseil.

 

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines