ADVERTISEMENT:

 

Een van die groot bome op die padreserwe tussen Louis Trichardt en Thohoyandou, wat reeds sedert November 2008 vir verkeer gesluit is nadat ‘n brug ineengestort het, is bykans heeltemal afgekap deur houtdiewe. Foto verskaf.

Boetes nie in lyn met skade wat berokken word

 

News  Date: 19 June 2009

 

Plaaseienaars in die Levubu-omgewing meen die boetes wat houtdiewe opgelê word, is nie in lyn met die skade wat hierdie misdadigers berokken nie.

Die waarde van een bakkievrag is ongeveer R200, maar boosdoeners wat aangekeer word, word weer vrygelaat na die betaling van ‘n R50-skulderkeningsboete. Op die plaas Laatsgevonden van mnr. P. Grobler is daar onlangs beslag gelê op 12 bakkievragte hout, wat kiaathout ingesluit het. Die R50-boete, meen boere, is maar ‘n klein prys om te betaal gemeet teenoor die skade wat boere lei.

Tydens ‘n vergadering met die polisie op Levubu is bogenoemde aan die stasiebevelvoerder uitgewys. Die saak is ook met die Departement van Natuurbewaring opgeneem. Die polisie is ook daarop gewys dat houtdiefstal ‘n oortreding van ‘n ordonnansie is en dat die skuldiges na ‘n arrestasie in ‘n hof moet verskyn vir vonnisoplegging.

Mnr. Stephen Hoffman, voorsitter van die Soutpansberg Distrikslandbou-unie, het gesê lede van die polisie moet so optree dat misdadigers afgeskrik word en nie aangemoedig word nie.

“Groot bome word ook afgekap op die pad wat tussen Louis Trichardt en Thohoyandou toegemaak is met die brug wat alreeds in November 2008 in ineengestort het,” het Hoffman gesê.

 

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines