ADVERTISEMENT:

 

Reinhardt Smit (links) en kleinboet Ewan op ma Louise se skoot op 5 Junie tuis by Bandelierkop.

Klein Reinhardt gereed vir laaste reeks behandelings

 

News  Date: 26 June 2009

 

Klein Reinhardt Smit (3) is hierdie week in Pretoria vir sy laaste chemoterapie in sy tweede reeks behandelings teen leukemie.

“Dit gaan baie goed met Reinhardt. Hy is vandag uit sy nate uit. Hy speel met die klei en die diere in die hospitaal en is nie ‘n oomblik stil nie,” het ma Louise Dinsdag telefonies gesê, terwyl Reinhardt se stemmetjie op die agtergrond gehoor kon word.

Dit is goeie nuus. Met Reinhardt se tuiskoms, nadat hy drie weke lank in die waakeenheid verpleeg is na ‘n terugslag, was sy stemmetjie maar stil as gevolg van die pype wat in sy keel was. Hy het geduldig op die bank gesit en kon in daardie stadium nie self beweeg nie. Kleinboet Ewan, wat intussen twee geword het, het lewens-lustig rondgehardloop, bly om tuis te wees. Die tweetjies het ingewillig om op Mamma se skoot vir ‘n foto te poseer. ‘n Blymoedige Louise vind elke oomblik iets om voor dankbaar te wees.

Na ‘n week by die huis het Louise en Reinhardt weer na Pretoria vertrek vir behandeling. Klein Ewan het by ‘n familie vriendin, Lize Strauss, agtergebly.

Tydens daardie behandeling het Reinhardt ‘n inplanting ontvang om die chemoterapie binneaars toe te dien, aangesien daar na vele pogings nie ‘n aar gekry kon word nie.

Vriendin Lize kommunikeer steeds per e-pos met al die belangstellendes om hulle op hoogte te hou van Reinhardt se vordering.

“Reinhardt het goed op verlede week se chemo gereageer, en glad nog nie naar geword nie. Hy kan al so paar tree loop en sit graag op sy skopfiets. Hy eet ook baie goed. Hy hou baie van KFC se Streetwise Burger. In die stadium is dit goed net dat hy eet,” skryf Lize.

Reinhardt is op 20 April met akute limfoblastiese leukemie gediagnoseer en die beenmurgtoets het 95% kankerselle getoon. Daar wag vir Reinhardt binnekort nog twee behandelingsfases, waarna hy ‘n stabiliseringsfase sal ondergaan. Met die vorige beenmurgtoets het die persentasie kankerselle op 3% gestaan.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines