ADVERTISEMENT:

 

Burgemeester simpatiseer met bedroefde gesin

 

News  Date: 02 April 2004

 

MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) - Boodskappe van medelye stroom steeds in na die bedroefde Du Preez-familie na die grudood van hul twee lieflingskinders.

In 'n spontane gebaar van meegevoel het die burgemeester van die Makhado Munisipaliteit, rdl. Rhulani Nkuzana, Dinsdagmiddag besoek afgelê by die familie.

Rdl. Nkuzana het sy innige meegevoel met die familie betuig en gesê dat die Raad en hy as persoon deel in die familie se hartseer. In 'n verklaring wat reeds Maandag uitgereik is, spreek rdl. Nkuzana die hoop uit dat God die familie sal bystaan in hul moeilike tyd en hulle sal seën.

Tydens Dinsdag se besoek het die Du Preez-egpaar rdl. Nkuzana persoonlik uitgenooi om hul kinders se begrafnis by te woon. Rdl. Nkuzana het op sy beurt ingestem. Hy het ook persoonlik 'n bedrag van R2 000 vanuit die Raad se Noodlenigingsfonds aan die familie oorhandig en gesê dat die Raad alle kostes sal dra ten opsigte van die graf en die voorbereiding daarvan.

Dit is duidelik dat verlede Donderdag se ongeluk mense oor alle kleurgrense rondom een doel verenig het. Dit is om nasionale aandag te vestig op die probleem van swaar vragmotors oor die bergpas. Woensdag het 'n woordvoerder van die Raad bevestig dat daar reeds samesprekings is met die provinsiale LUR van vervoer, dr. T. Farisani, oor die aangeleentheid. Hy wou egter nie verder uitbrei oor wat bespreek is nie.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines