ADVERTISEMENT:

 

Wangedrag van polisielede sal nie geduld word

 

News  Date: 26 June 2009

 

Die bestuur van die plaaslike polisiestasie het in geen ondubbelsinnige taal dit duidelik gemaak dat wangedrag deur hul lede nie geduld sal word nie.

Dit volg nadat die Zoutpansberger vroeër in April vanjaar ‘n klagte ondersoek het van besighede in Kroghstraat, Louis Trichardt, dat polisielede “parkeer waar hulle wil”.

Veral een van die motorhandelaars in Kroghstraat was vies vir die polisie, omdat polisielede na bewering gereeld die ingang na die onderneming blokkeer deur hul polisievoertuie daar te stop.

Plaaslike polisiewoordvoerder kapt. Maano Sadike het hierdie week bevestig dat die stasie stappe geneem het teen een só ‘n oortreder en ‘n boete van R500 aan die polisieman uitgereik het.

“Ons sal nie onwettige parkering, roekelose bestuur en korrupsie van ons lede duld nie! Ons herinner ook gereeld lede om die padreëls na te kom en reg te parkeer.”

Kapt. Sadike het ‘n beroep gedoen op lede van die publiek om asseblief enige wangedrag van polisielede te rapporteer. Hy het ook gesê dat stasiebestuur dit sal verwelkom as die publiek die registrasienommers van oortreders se voertuie neerskryf. Dit sal ondersoekers help om dadelik was te stel wié die sondebok is en instaat stel om die nodige stappe te neem.

Intussen het een van die winkeleienaars in Kroghstraat bevestig dat voorvalle van polisielede wat verkeerd parkeer, dramaties afgeneem het, ná die Zoutpansberger se berig verskyn het.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines