ADVERTISEMENT:

 

Amstel Park het kontrole oor musiek en jaagduiwels, sê eienaar

 

News  Date: 26 June 2009

 

Ek het groot simpatie met mnr. Johan Laubser se klagte oor die geraas in ‘n residensiële gebied. Ons sit met presies dieselfde probleem - in hierdie geval is die skuldiges Amstel Park sowat 5km vanaf Louis Trichardt.

Ons woon sowat 1km vanaf Amstel Park en Saterdagoggend (6 Junie) om 01:30 was die musiek so oorverdowend hard dat ons elke woord van elke liedjie wat daar gespeel word binne in ons slaapkamer kon hoor!

Dit wil vir my voorkom dat die musiek al hoe harder word soos die voggies trek. Die geraas het eers hier by 02:00 stil geraak, maar toe word die stukkie grondpad wat vanaf Amstel Park na die teerpad lei gebruik as snelrenbaan.

Daar lê swart remmerke van ongeveer 10m op die grondpad net voor dit by die LTT/Levubu pad aansluit – ‘n ongeluk wat wag om te gebeur.

Ons moet gereeld op ‘n Saterdagoggend drankbottels en ander rommel by ons hek optel wat daar deur die besoekers aan Amstel Park uit die voertuie gegooi word.

Die probleem is ook nie net beperk tot Vrydagaande nie. Saterdagaande is net so lawaaierig - die enigste verskil is dat dit darem teen 00:00 stilraak wat die musiek aanbetref.

Die jaagduiwels het egter nie ‘n probleem daarmee nie! Dit sal baie interessant wees om uit te vind of die beperkinge soos dit op die Gradak se handelslisensie voorkom ook geld vir Amstel Park? Dit is tog ook ‘n residensiële gebied, al is dit kleinhoewes.

Ek gaan verseker die polisie se hulp inroep sou die geraas weer so steurend en oorver¬dowend wees. Ons wil nie pretbederwers wees nie, maar neem asseblief die inwoners van ‘n ge-bied in ag.

- W. Nel

Die eienaar van Amstel Park, mnr. Olivier, is genader vir kommentaar. Hy het dit ten sterkste ontken dat musiek by sy klub “oorverdowend” hard gespeel word en “dat hy altyd sy bure en die omgewing in ag neem.”

Olivier het ook bygevoeg dat vir die afgelope agt jaar wat hy die eienaar is, hy die enigste persoon is wat die grondpad instand hou en skoonmaak.

“Nadat een van die vorige inwoners by een van die kleinhoewes by my kom kla het oor die mense wat verbyjaag, het ek besluit om spoedwalle in die pad te stoot. Dus kan die mense nie daar jaag nie.”

Die klagte dat die musiek se klank gekoppel word aan die hoeveelheid alkoholverbruik is deur mnr. Olivier as “uiterse snert” afgemaak.

“Ek en my personeel is uiters professioneel en drink glad nie as ons moet werk nie. Daar word dus kontrole oor die musiek uitgeoefen.”

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines