ADVERTISEMENT:

 

Twee sterf na botsing met wegholtrokke

 

News  Date: 12 December 2003

 

MUSINA – Twee mense is dood in 'n fratsongeluk op die spoortrajek tussen Musina en Beitbrug.

Volgens nie-amptelike bronne is die treindrywer en assistent van 'n goederetrein onderweg van Musina na Beitbrug dood, toe hul trein teen twee wegholtrokke vol koring gebots het.

Na bewering het die twee los trokke vol koring van die Zimbabwe kant van Beitbrug terugbeweeg oor die grens, nadat hulle afgehaak is.

'n Leë goederetrein onderweg vanaf Musina in die rigting van Zimbabwe, het volgens die eerste berigte Dinsdag, omstreeks 21:20, teen die wegholtrokke gebots.

Pogings om amptelike inligting oor die insident by Spoornet te bekom, was vandeesweek onsuksesvol. 'n Woordvoerder in die Spoornet-kantoor in Polokwane het by navraag gesê die enigste persoon wat inligting kan verstrek, is die bestuurder, mnr. Thabani Bigboy. Mnr. Bigboy was teen druktyd nie beskikbaar nie, aangesien hy op Musina besig was met 'n vergadering.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines