ADVERTISEMENT:

 

Wyle Tina Bosh (36).

Vriendelike Tossa se stemmetjie word stil

 

News  Date: 10 July 2009

 

Dit is met harte vol mooi herinneringe dat die glimlaggende Tina Bosh van Louis Trichardt se familie en vriendekring van haar afskeid neem, ná haar afsterwe op Vrydag, 3 Julie.

Tina is in die ouderdom van 36 skielik oorlede na ‘n kort siekbed. Sy was geneig tot epileptiese aanvalle en was vir ‘n week lank in ‘n koma. Sy is Maandag uit die New Convenant Kerk op Louis Trichardt begrawe.

Haar suster, Magriet, by wie sy vir die afgelope 13 jaar woonagtig was, vertel dat Tina (of Tossa soos almal haar genoem het) alombekend was in die dorp vir haar vriendelike geaardheid.

“Sy het met almal gesels en het altyd reg gestaan met ‘n glimlag of ‘n vriendelike woordjie. Nou het haar stemmetjie stil geword.”

Tina is gebore op 25 Januarie 1973 in Krugersdorp en het later in 1991 saam met haar ouers na Louis Trichardt toe verhuis.

Magriet het almal bedank vir al hul boodskappe, oproepe en SMSe van bemoediging en gebede. Sy het ook ‘n spesiale woord van dank gerig aan ds. André vir al sy bystand, die ambulanspersoneel en die verpleegsters en dokters by die Gedenkhospitaal.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines