ADVERTISEMENT:

 

Polisiekaptein onskuldig op alle klagte

 

News  Date: 17 July 2009

 

Kaptein Gloria Hlambela, die polisievrou van Musina wat vroeër vanjaar in die landdroshof op Louis Trichardt verskyn het op klagte van regsverydeling, vervalsing en uitgifting van dokumente, is Vrydag (10de) onskuldig bevind op alle aanklagte in die hof op Waterval.

Die saak teen Hlambela spruit uit ‘n voorval verlede jaar toe sy die ondersoekbeampte in ‘n kleuterverkragtingsaak was. Die klaer in die saak was ‘n vyf-jaar-oue meisie. Hlambela het na bewering ‘n terugtrekkingsverklaring ingevul, beëdig en in die dossier geplaas sonder die klaer of haar moeder se medewete.

In die hof het Hlambela en die aanklaer, Duty Madavha, getuig dat hulle wel ‘n volmag van die moeder gehad het om die verklaring in te dien en dat hulle besluit het om die saak terug te trek, want die beskuldigde in die verkragtinsaak is onbevoeg verklaar vir verhoor. In daardie stadium was nie hulle of die moeder van die klaer egter daarvan bewus beskuldigde wel bevoeg verklaar is deur ‘n sielkundige nie.

Die moeder het nie getuig nie en Hlambela is onskuldig bevind op alle aanklagtes.

Intussen is die saak teen die beskuldigde in die verkragtingsaak weer geopen vir verhoor.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines