ADVERTISEMENT:

 

Steeds geen borg vir Botha-moordverdagtes

 

News  Date: 24 July 2009

 

Die vyf mans wat daarvan beskuldig word dat hulle op 19 Februarie vanjaar die 78-jarige mev. Tienie Botha vermoor het, het Donderdag, 16 Julie, weer in die hof op Louis Trichardt verskyn. Al vyf is weer borg geweier.

Tydens die vyf, David Lihaiwa (29), Rudzani Mufamadi (29), Manuel Zitha (36), Thobile Jili (26) en Thomas Ramudzuli (40), se vorige hofverskyning op 5 Junie het Mufamadi en Jili in hul borgaansoek beweer dat lede van die polisie die vuurwapens op hulle “geplant” het tydens hulle inhegtenisneming.

Die vyf staan tereg op een klag van moord, een klag van gewapende roof en twee klagte van die onwettige besit van ‘n vuurwapen.

Intussen is daar sprake dat al vyf die verdagtes verbind kan word met die aanval op twee vrouens van die dorp in Januarie vanjaar in Andersonstraat. Die 56-jarige vrou wat aangerand is, het bevestig dat sy drie van haar en haar skoonsuster se aanvallers uitgeken het, nadat sy die foto’s van die vyf Botha-moordverdagtes in die koerant gesien het. Haar man het bygevoeg dat Lihaiwa by sy maatskappy werksaam was.

Die egpaar is deur die ondersoekbeampte in hul saak meegedeel dat die mans weier om vir ‘n uitkenningsparade te staan. Die egpaar raak ook ongeduldig, omdat die saak na hul mening sloer.

Die polisie kon teen druktyd nie sê wanneer daar ‘n uitkenningsparade gehou sal word nie. Intussen bly die vyf steeds in aanhouding.

 

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines