

ADVERTISEMENT:

News Date: 24 July 2009
Twee veteraan sendelinge van die Soutpansberg was verlede Sondag op die preekstoel van die Gereformeerde kerk op Louis Trichardt, tydens ‘n historiese afskeidspreek.
Prof. Bert Floor, wat in 1961 op Siloam sy intreepreek as sendeling in dié geweste gelewer het, het Sondag sy afskeidspreek in die Songozwi-gemeente van die Gereformeerde Kerk op Louis Trichardt gelewer.
Soos met die intreepreek in 1961, was sy jarelange vriend en kollega, prof. Koos van Rooy, aan sy sy om die vertaling van die preek na Venda te behartig.
Prof. Floor se seun Sebastian, van Wycliffe Bybelvertalers SA, wat soos prof. Van Rooy ook betrokke is by Bybelvertaling, was ook teenwoordig en het na afloop van die erediens interessante gegewens oor die jongste Bybelvertalingsaksie in een van die talle tale in Mosambiek met die waarderende gemeente gedeel.
Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

ADVERTISEMENT:
