ADVERTISEMENT:

 

Botha-moordverdagte in hospitaal dood

 

News  Date: 31 July 2009

 

Na aanleiding van die berig in verlede week se uitgawe van die Zoutpansberger aangaande die vyf verdagtes wat weer in verband met die moord op mev. Tienie Botha in die hof op Louis Trichardt verskyn het, het dit hierdie week aan die lig gekom dat een van die verdagtes reeds einde Junie dood is.

Derhalwe het slegs vier verdagtes in die hof verskyn en nie vyf soos berig nie.

Plaaslike polisiewoordvoerder kapt. Maano Sadike het vandeesweek by navraag bevestig dat die 36-jarige Manuel Zitha dood is. Terwyl hy in aanhouding was, het hy teen die einde van Junie gekla dat hy nie lekker voel nie. Hy is opgeneem in die Elim Hospitaal, maar is kort daarna dood.

Kapt. Sadike het gesê dat geen gemene spel vermoed word nie, maar dat daar ‘n geregtelike ondersoek geopen is ná sy dood.

Die ander vier verdagtes, David Lihaiwa (29), Rudzani Mufamadi (29), Thobile Jili (26) en Thomas Ramudzuli (40), is steeds in aanhouding in afwagting op hul volgende hofverskyning.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines