

ADVERTISEMENT:

News Date: 07 August 2009
“Dit gaan baie goed met Reinhardt. Hy is al weer sy ou self!” sê Louise Smit, moeder van die driejarige leukemie pasiëntjie van Bandelierkop naby Louis Trichardt.
Reinhardt is nou in ‘n rustige fase van sy behandeling. Vanaf middel September gaan hy weer baie besig wees met behandeling. Op die oomblik drink hy net chemo pille en gaan eers weer op 13 Augustus na die Little Company of Mary-hospitaal in Pretoria. Drie weke gelede is breinvog en beenmurg getrek en dr. Lourens de Jager is baie tevrede.
As dit by gunsteling-kos kom, het Reinhardt ‘n besliste voorkeur. Hy is gaande oor sy KFC Streetwise Burgers en ma moet altyd daar stop ...
“Reinhardt praat nou al heeltemal normaal en loop sterk. Hardloop al so half, lyk meer soos huppel. Hy kan ongelukkig nog steeds nie kleuterskool toe gaan nie, as gevolg van die kieme wat maatjies kan oordra. Sy immuunstel-sel moet nog baie sterker word,” skryf familievriendin Lize Strauss, wat almal op hoogte hou van Reinhardt se vordering.
Reinhardt en sy kleinboet, Ewan (2), speel lekker tuis en hou mekaar besig.
“En die twee hou ma en pa goed besig!” sê ma Louise.
Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

ADVERTISEMENT:
