ADVERTISEMENT:

 

Die brandende wrak van die luukse motor waarin insp. Netshandama verkool het en Limpopo se LUR vir Openbare Werke, mnr. Pandelani Ramagoma, Maandag dood is. Foto verskaf.

Vlaag ongelukke eis ook lewe van LUR van Openbare Werke

 

News  Date: 14 August 2009

 

Nood- en reddingsdienste op Louis Trichardt het hul hande vol gehad die afgelope langnaweek met motorongelukke, insluitend die noodlottige ongeluk waarin Limpopo se LUR vir Openbare Werke Maandag dood is.

Plaaslike polisie het hierdie week in ‘n verklaring gesê dat hulle talle sake van nalatige en roekelose bestuur ondersoek na afloop van die langnaweek.

Saterdagaand is een persoon lig beseer, nadat ‘n bakkie en ‘n luukse voertuig trompop met mekaar gebots het op die hoek van Krogh- en Songozwistraat by die verkeerslig voor ABSA. Die bakkie was besig om vanuit Songozwistraat in Kroghstraat te draai toe hy met die motor gebots het. Een van die verkeersligte is byna uit die grond gery.

Dieselfde aand is ‘n voetganger ernstig beseer in ‘n tref-en-trap ongeluk by die kruising naby Rissik- en Krugerstraat. Die voetganger is na die Louis Trichardt Gedenkhospitaal vervoer, waar hy tans nog steeds behandeling ontvang. In nog ‘n voorval kon die polisie daarin slaag om die bestuurder van ‘n ander voertuig te arresteer, nadat hy onder die invloed van alkohol bestuur het en ‘n geparkeerde motor naby Ayob Motors gestamp het.

Sondag het stil-stil, sonder enige ongelukke, verbygegaan. Maandag was die paaie egter weer besig.

Vroeg Maandagoggend is vier mense lig beseer, nadat hulle die verkeerseiland by die verkeersirkel aan die noord punt van die dorp op die N1 getref het.

Met sonsopkoms Maandagoggend het ‘n swaarvoertuig weereens beheer verloor op die berugte Soutpansbergpas naby die Witvlag-afdraai. Die swaarvoertuig het die afdraai misgery en met ‘n ander voertuig gebots. Die bestuurder van die trok was ongedeerd, maar die twee insittendes van die ander voertuig moes per ambulans na die hospitaal vervoer word.

Byna terselfdertyd is berig ontvang van ‘n massiewe ongeluk waarin Limpopo se LUR vir Openbare Werke, mnr. Pandelani Ramagoma, en sy be-stuurder oorlede is. Sy bestuurder, insp. Richard Netshandama, ‘n polisieman, het beheer verloor oor die LUR se luukse Range Rover en die brug naby die Lalapanzi Hotel getref. Die voertuig het in vlamme uitgebars. Netshandama het verkool, terwyl Ramagoma uit die voertuig geslinger is.

Ramagoma en Netshandama was op pad na Polokwane en daar was geen ander voertuie in die ongeluk betrokke nie.

Die polisie ondersoek steeds ‘n saak van strafbare manslag en het Dinsdag weer die N1 gesluit, sodat forensiese deskundiges die ongelukstoneel kon ondersoek.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines