ADVERTISEMENT:

 

Wyle mnr. Piet Swart (46).

Sakeman sterf ná voertuig rol

 

News  Date: 14 August 2009

 

Vriende en familie het met skok verneem van die tragiese dood van ‘n bekende sakeman in die Soutpansberg-omgewing.

Mnr. Piet Swart is Woensdagaand (5de) dood, nadat hy in ‘n motorongeluk op die N1 net duskant Bandelierkop betrokke was. Niemand is presies seker wat het gebeur nie. Mnr. Swart was onderweg na Pretoria, nadat hy sakebelange op die dorp kom afhandel het. Volgens ‘n vriend, mnr. Corrie Dercksen, is die polisie nog besig om die saak te ondersoek. Die ondersoek word egter bemoeilik, want daar was geen ooggetuies nie.

Mnr. Swart het vermoedelik vir iets in die pad uitgeswaai en beheer oor sy motor verloor, waarna die motor gerol het. Hy is opslag dood.

Die 46-jarige mnr. Swart is in Pretoria gebore en het ook daar groot geword. Hy was bekend op Louis Trichardt, veral vir sy betrokkenheid by Limpopo Petroleum. Hy het by Limpopo Petroleum aangesluit nadat hy vir jare betrokke was by Soutpansberg Petroleum. Hy en sy gesin het in Pretoria gebly, maar hy was gedurig op die dorp om sy sakebelange te behartig.

Mnr. Swart was ook betrokke by plaaslike rugby.

“Hy was destyds een van die hoofborge van die Louis Trichardt Rugbyklub en was selfs vir ‘n ruk lank betrokke by die Blou Bulle Rugbyunie,” sê mnr. Dercksen.

Mnr. Swart is Woensdag (12de) vanuit die N G Kerk Faeri Glen in Pretoria begrawe. Hy word oorleef deur sy vrou, Matty, en twee seuns, Frannie en Louis.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines