ADVERTISEMENT:

 

Steeds geen borg vir moordverdagtes

 

News  Date: 21 August 2009

 

Die vier mans wat daarvan beskuldig word dat hulle op 19 Februarie vanjaar die 78-jarige mev. Tienie Botha vermoor het, het weer Maandag in die hof op Louis Trichardt verskyn.

Al vier is weereens borg geweier.

Een van die vyf verdagtes, die 36-jarige Manuel Zitha, is einde Junie in die Elim Hospitaal oorlede. Daar is ‘n geregtelike ondersoek na sy dood geopen.

Polisiewoordvoerder kapt. Maano Sadike het bevestig dat die ondersoek steeds nie afgehandel is nie en dat daar nog nie ‘n datum vasgestel is vir die vier se uitkenningsparade nie.

Die vier staan tereg op een klag van moord, een klag van gewapende roof en twee klagte van die onwettige besit van ‘n vuurwapen. Daar is ook sprake dat die mans vroeër vanjaar ‘n vrou en haar skoonsuster by hul huis in Andersonstraat aangerand en beroof het.

Die vier verdagtes, David Lihaiwa (29), Rudzani Mufamadi (29), Thobile Jili (26) en Thomas Ramudzuli (40), is steeds in aanhouding in afwagting op hul volgende hofverskyning op 17 September.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines