ADVERTISEMENT:

 

Ds. Jannie Pelser tydens sy bediening op 13 Augustus in die NG Kerk Soutpansberg. Hy het vanaf 13 tot 16 Augustus by vyf ge-leenthede bedien en die tema was “Lof is die offer”.

Pelser wil medemenslikheid laat herleef

 

News  Date: 21 August 2009

 

Medemenslikheid is een van die waardes wat ds. Jannie Pelser in die samelewing herstel wil sien. Tydens sy besoek aan Louis Trichardt vanaf 13 tot 16 Augustus het hy daaroor gepraat as deel van sy inisiatief, die Nuwe Hart Stigting.

“Ons worstel self om te oorleef. Ons wil nie meer hoor van die 87 000 mense wat al hul werk verloor het nie. Ons wil nie meer hoor van die 800 000 tot 1 biljoen mense wat elke aand honger gaan slaap nie. Dikwels sit ons koue harte daaragter ...” het Pelser Sondag gesê tydens die erediens in NG Kerk Soutpansberg. Hy het medemenslikheid aangemoedig, omdat dit ‘n karaktertrek van God is, die voorbeeld is wat Jesus gestel het en ook die uiteindelike toets van geloof is.

Die ander drie waardes wat die Nuwe Hart Stigting in die inisiatief vir morele herstel in die land onderstreep, is eerlikheid, verantwoordelikheid en selfbeheersing. Die inisiatief wil dié waardes terugbring in vyf samelewingsverbande, naamlik opvoedkundige instansies, sakeondernemings, die media en kunste, geloofsgemeenskap en plaaslike owerhede. Die inisiatief is landswyd en inter-kultureel. Die organiseerder poog om ‘n werkskomitee van vyf persone in elke samelewingsverband regdeur die land tot stand te bring.

Buiten die bekendstelling van die Nuwe Hart Stigting, het ds. Jannie Pelser ook in Louis Trichardt opleiding vir lofprysing gedoen, en bedien met sang en boodskappe. Tydens die lofprysingsopleiding het hy gesê dat dit belangrik is dat die aanbiddingsleier die mense se negatiewe emosies omdraai en hulle saamneem om die Here te ontmoet. “Die gemeente moet beleef dat daar ‘n hemelse ervaring was. Was daar ‘n oomblik wat die gemeente ... in God se teenwoordigheid gestaan het? Jy kan nie wegkom van lof en aan-bidding nie, want dit is hoe God jou gemaak het, ” het Pelser gesê.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines